Almal is Welkom - Welkom tuis in Vader se huis.
Dit maak nie saak wat jou agtergrond is nie, ons is 'n huis van aanvaarding. Ons bedien mense en laat die Gees toe om mense nuut te maak. Kerk is nie vir ons 'n gebeurtenis nie maar 'n plek waar jy tuis voel.
Oor AGS Warmbad Gemeente
AGS Warmbad is deel van die AGS Woord en Lewe Netwerk.
Ons is 'n groep onvolmaakte mense wat probeer om Jesus beter te leer ken en lief te hê.
Dit is regtig so eenvoudig! Eenvoudig beteken nie maklik nie, omdat dit baie uitdagend kan wees.
Ons hoop is om elke persoon wat ons ontmoet, mee praat, of tyd saam spandeer, voor te stel aan die diep en oneindige liefde van Jesus.
Ons wil hê jy moet tuis voel by AGS Warmbad, omdat ons glo dat die regte plek is vir jou om te groei in jou geloof. Jy hoef nie perfek te wees om kerk toe te kom nie, net bereid om te groei. Dit is nie bedoel om skrikwekkend te wees nie en ons waardeer dit dat dit moed verg om iets nuuts te probeer, soos om kerk toe te gaan.
Hier is ons een familie - ‘n plek waar jy tuis voel. Hier glo ons in God die Vader die Seun en die Heilige Gees. Jy kan deel word van ons gesin en jou deel vind met jou God gegewe talente. Kom wees deel!