AGS Gemeente in Warmbad

Loading...
Kierieklub

Ons nooi alle ouer lidmate om bymekaar te kom vir ‘n spesiale tyd van samekoms en kuiering saam met God. 

Dit is ‘n gesellige geleentheid om herinneringe te deel, waar ons mekaar bemoedig, ondersteun terwyl ons saam kuier as gemeente. 

Kom geniet die vreugde van gemeenskap en die diepgaande stories wat ons geloof versterk en ons harte vernuwe.
 

 

 

 

Bietjie meer oor ons Kierieklub - 'n Gemeenskap vir die ouer generasie!
In Junie 2023 is die Kierieklub, 'n inisiatief vir mense oor die 60 jaar, gestig.

Die naam van die groep, geďnspireer deur Psalm 23 – "U stok en U staf vertroos my" – simboliseer die geruststelling en steun wat die klub bied aan sy lede.

Elke eerste Donderdag van die maand kom die lede bymekaar in die kerksaal.

Dit is ‘n dag van lekker musiek, aanbidding en gemeenskap, gevolg deur speletjies, geselskap en 'n lekker koppie koffie met bederfies. Alhoewel die kerksaal 'n gesellige ruimte is, het die Kierieklub ook reeds 'n paar onvergeetlike uitstappies onderneem, insluitend 'n besoek aan Rustic Pumpkin, 'n piekniek by Maroela Oase en 'n braai by 9Ster.

Deur kosverkopies en donasies het die klub geld in die saak ingesamel, wat in Maart 2024 die groep in staat gestel het om 'n midweek vakansie by die Weesgerus Vakansieoord te geniet. Daar het Pastoor Pieter en Beverley Kleinsmith hulle vermaak en geďnspireer, met lekker lag, speletjies en selfs ‘n omgekeerde troue – ‘n groot humorvolle hoogtepunt van die week.

Die Kierieklub het 'n wonderlike atmosfeer van vriendskap en liefde geskep, wat nie net die lede fisies bymekaar bring nie, maar hulle ook help om eensaamheid te oorwin.
Daar is 'n sterk gevoel van gemeenskap, waar mense mekaar beter leer ken en ondersteun.
Verjaarsdagvieringe is ook iets besonders – elke lid ontvang 'n sjokolade, wat simbolies van die aandag en liefde wat in die groep deelgeskaf word.

Wat begin het met 28 lede, het binne kort gegroei tot bykans 60 lede en die Kierieklub het groot planne vir 2025.
Die groep hoop om meer aktiwiteite en dalk selfs 'n verdere vakansie te beplan.

Die Kierieklub is 'n plek waar ouer mense nie net 'n fisieke plek het om bymekaar te kom nie, maar waar hulle ook ‘n tweede gesin vind wat hulle liefdevol omarm.

Vir 2025 is daar baie hoop en verwagtinge, en dit beloof om 'n jaar vol seëninge, gemeenskap en onvergeetlike herinneringe te wees.