Liewe mensies...
Ons glo dat elke kind, maak nie saak hoe jonk nie, die spesiale vermoë het om 'n diep en betekenisvolle manier met God 'n ontmoeting kan hê. Daarom streef ons daarna om jou kind te help om Jesus op 'n baie persoonlike manier te leer ken en te groei in hull verhouding met God. Ons visie as AGS kinderkerk is om vir kinders 'n vaste fondasie in die Bybel te gee wat 'n anker vir hulle kan wees vir die res van hulle lewens.
Dit is ons doel om op 'n kreatiewe manier 'n program aan te bied wat 'n kennis en liefde vir die Woord van God en aanbidding te kweek. Ons glo dat jou kind 'n positiewe kerk en Sondagskool ervaring moet hê.
Ons as kinderkerk onderneem om jou as ouer te ondersteun en die pad van geestelike groei saam met jou en jou kind te stap.
Kinderkerk liefde.