AGS Gemeente in Warmbad

Loading...
Ongeluk vs Genade

Ek het nie 'n dag en datum wanneer ek bekeer het nie.  Ons is grootgemaak in NG Kerk maar met die verloop van my pa se lewe was ons ook later na die 7 de dag Adventiste kerk.

Met ander woorde NG sjuut en sit stil en 7 de dag Adventiste kerk meer ontspanne maar meer verkeerde dinge gesien om my, al was ek 'n kind.

My pa het steeds skelm gerook, gedrink en my ma mishandel - emosioneel en fisies.

 

Ek was 'n lou Christen, nie gereeld kerk toe gegaan maar Bybel gelees en oggend en aand gebid.  Op 17 is kanker op my eierstokke gediagnoseer en ek het "by die dood omgedraai", die dr het gesê ek het sou nooit 'n kind kon baar.  Op 21 as gevolg van kanker wat aanhou terugkeer, het ek 'n historektomie gehad en is dus kinderloos.

 

In 2008 Desember, was ons (ek en my man) gepak en reg vir vakansie toe ek 'n motor ongeluk gehad het oppad Warmbad na my ma toe.  My nek was gebreek maar het deur God se genade genees!

'n Virus in my heup het my 3 maande in die hospitaal gehou... ek glo dit was die Here se doel om my te laat terugdraai.  Daar het ek tyd gehad om my Bybel ernstig te begin lees en ek het besef dat ek verstaan helfte nie wat ek lees.

Daarom het ek begin dag stukkie boekies kry om my te help, dit het my gehelp en ek gebruik dit steeds.

 

My lewe het aangegaan en in 2013 het ek eendag by die werk my laaste sigaret dood gedruk sonder dat ek geweet het dat my man 'n week later sou gaan vir 'n ope hart operasie.

Ek is deur die "stress" van die operasie en nasorg sonder my stress pypie en het nooit weer aan 'n sigaret gevat nie.

Ons (ek en my man) het Warmbad toe getrek in 2008 vanaf Leeupoort en ek het begin om saam met my ma AGS kerk toe te kom.  Met die eerste diens het ek geweet "hier hoort ek".  Ek het besef dat ek "honger" is om die woord te hoor.

My gebede het van krag na krag gegaan en ek het baie getuienisse wat ek kan noem waar ek in nood gevra het, en ontvang het....Die Here is my Herder!

 

Ek is op 21 September 2018 gedoop deur Pastoor Hugh!  Net my ma was daar en ek kon sien dit het haar gelukkig gemaak want sy was permanent op haar knieë vir al haar kinders.  Sy ma het 'n siel na Jesus gelei!

 

Carol van Wyk